Dokter Willie Visser
Beste Nooline,
Jammer dat ek nou eers terugkom na jou, maar ek was weg na 'n kongres.
Ja, alles was perfek. Ons beste vakansie ooit!
Ek dink ek gaan nou elke vakansie na Afrika en Europa heeltemal los.
Al die aktiwiteiet was heerlik en baie goed georganiseerd.
Die Royal Livingstone Hotel was ongelooflik. Die ligging, die hele atmosfeer en die diens is onverbeterlik.
Ek het nog nooit so lekker ontspan op 'n vakansie nie.
Ek dink ons sal definitief weer wil terugggaan.
Nogmaal dankie vir al jou hulp.
Ek sal weer van jou dienste gebruik maak.